Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 03 Maart 2013

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die SARL saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uit. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

STIL SLEUTELS

Dit is met leedwese dat die afsterwe van twee radioamateurs vanoggend aangekondig moet word.

Radioamateurs regoor die węreld sal hartseer wees om te verneem van die dood van Pat Hawker MBE, G3VA, op 21 Februarie 2013. Hy was 90 jaar oud. Sy seun en dogter, Philip en Virginia, was by hom op die daardie oomblik. Pat is vir die eerste keer in 1936 gelisensieer as 2BUH, en as G3VA in 1938. Ons stuur ons innige simpatie aan Pat se familie en naby vriende. Amateurradio het een van die legendes verloor.

Die sleutel van Bernard Tyler, ZS1TYL, ex-ZS4CW, het stil geword op Donderdag 28 Februarie 2013. Bernie was 83 jaar oud en vir 65 jaar 'n lid van die SARL. Ons betuig ons innige meegevoel aan sy vrou, Joey, familie en baie vriende.

(POUSE)

IN DIE NUUS VANDAG:

BESPREKINGS VIR DIE SARL SE NASIONALE KONVENSIE OPEN MAANDAG

HOU JY ‘N LOGBOEK?

SONSIKLUS MAG 'N DUBBELE PIEK HĘ

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

BESPREKINGS VIR DIE SARL SE NASIONALE KONVENSIE OPEN MAANDAG

Die besprekings vir die 2013 SARL se nasionale konvensie sal Maandag open, en die nodige vorms en programbesonderhede sal by www.sarl.org.za beskikbaar wees. Die verrigttinge begin Vrydagaand 26 April met ‘n verwelkomingsfunksie by die Wes-Rand Amateurradioklub. Die gasspreker is Kenny Neville van die Wes-Rand Astronomieklub. As die weer dit toelaat, sal daar ‘n kans wees om die sterre te besigtig.

Die AJV sal Saterdagoggend by die SULLA VIA konferensiesentrum plaasvind wat ‘n uitsig oor die bakermat van die mensdom het. Registrasie vir die A.J.V. is gratis en begin om 08:00. Die eintlike vergadering begin om 09:00. Terwyl die registrasie plaasvind sal die S.A Amateurradio Ontwikkelingstrust se boekwinkel oop wees en dit bied van die nuutste ARRL-publikasies aan.

Saterdagmiddag sal daar 'n besoek gebring word aan die Harbeeshoek sattelietopsporingstasie, waarvandaan menige internasionale satelliete opgespoor en beheer word. Die SumbandilaSat aardstasie sal ook besigtig kan word.

Saterdagaand terug na Sulla Via vir die SARL se toekenningsdinee. Die bespreking van die dinee sluit gelukstrekkings in waar ‘n aantal pryse, insluitend ‘n ICOM 2 meter handstel en 2 dubbelfrekwensie 2 meter en 70 cm antennas, geborg word deur Sam Ford van Radio Accessories and Data Modems.

Daar is ‘n keuse van verskeie Bed-en-Ontbytplekke naby SULLA VIA vir die naweekverblyf. Alhoewel daar geen formele program vir Sondag is nie, kan U gerus die Bakermat van Mensdom besoek voor U huiswaarts keer. Toevallig, die “Sulla Via” beteken “op die pad”, op die pad na die Bakermat van die Beskawing.

HOU JY ‘N LOGBOEK BY?

Die Frekwensiespektrumregulasies vir amateurradio vereis dat lisensiehouer ‘n logboek vir alle HF kontakte onderhou. Afdeling 4 van die regulasie vereis dat:
1. Die lisensiehouer moet ‘n logboek hou waarin alle aktiwiteite van die amateurradiostasie wat gebruik word deur hom of enige ander persoon onder toesig van die lisensiehouer aangeteken word, behalwe wanneer die stasie in die BHF- of UHF-bande of mobiel, bedryf word.
2. Besonderhede aangeteken in die logboek soos verwys word in sub-regulasie (15) moet insluit:
(a) die datum, die tyd, en aard van elke uitsending: behalwe dat die datum met betrekking tot elke individuele dag se se bedrywighede slegs eenkeer hoef ingeskryf te word en vir die doel van hierdie paragraaf sal die “tyd van uitsending” beteken die tyd wanneer die spesifieke stasie geroep is en die tyd wanneer die kommunikasie gesluit is;
(b) die volle naam en adres van die persoon wat die uitsending maak: behalwe dat, in die geval van die lisensiehouer wat die stasie gereeld bedryf, dit net eenkeer aangeteken hoef te word in die logboek met die duidelike verklaring dat alle uitsendings alleen deur hom gedoen word behalwe waar anders aangedui.
(c) die roepsein van alle stasies: behalwe dat dit nie nodig is om dit herhaaldelik te doen vir oproepe na dieselfde stasie gedurende die verloop van die kommunikasie nie;
(d) die senderkrag gebruik;
(e) die frekwensieband wat gebruik word: behalwe dat ‘n frekwensie net een keer aangeteken hoef te word totdat na ‘n ander gemagtigde frekwensie verander word;
(f) die adres waar vandaan die uitsending plaasvind: dit is nodig om die adres net eenkeer aan te teken solank die adres nie verander nie.

Die regulasies waarsku verder dat enige persoon wat hierdie regulasies nie nakom nie, kan, wanneer skuldig gevind word deur die “Complaints and Compliance Commission” aanspreeklik kan wees vir ‘n boete wat nie R200 000 oorskry nie, behalwe waar anders genoem word in die regulasies.

SONSIKLUS MAG 'N DUBBELE PIEK HĘ

Iets onverwags gebeur op die son. 2013 is veronderstel om die jaar van Sonmaksimum te wees, die piek van die 11-jaar sonvleksiklus. Maar, 2013 het gekom en sonaktiwiteit is relatief laag. Sonvleksyfers is heelwat laer as hulle waardes in 2011 en sterk sonfakkels is was vir baie maande ongereeld.

Die stilte het verskeie waarnemers laat wonder of voorspellers die teiken gemis het. Sonfisikus Dean Pesnell van die Goddard Ruimtevlugsentrum het 'n ander verklaring: “Hierdie is sonmaksimum,” suggereer hy. “Maar dit lyk anders as wat ons verwag het omdat dit uit dubbelpieke bestaan.”

Gewone kennis hou dat sonaktiwiteit soos 'n gewone pendulum heen-en-weer- swaai. Aan die einde van die siklus is daar 'n stil tyd met min sonvlekke en –fakkels. Aan die ander einde kom met sonmaksimum hoë sonvlekgetalle en storms voor. Dit is 'n gereelde ritme wat homself elke 11 jaar herhaal.

Die werklikheid, inteendeel, is baie meer ingewikkeld. Astronome het sonvlekke vir eeue reeds getel en hulle het waargeneem dat die sonsiklus nie gereeld perfek is nie. Byvoorbeeld, die heen-en-weer swaai in sonvlektellings kan enigiets tussen 10 en 13 jaar neem om te voltooi, verder verander die amplitude van die siklus ook. Party sonmaksima is baie swak en ander weer baie sterk.

Pesnell neem 'n ander komplikasie waar: “Die twee laaste sonmaksima, rondom 1989 en 2001, het nie een nie, maar twee pieke gehad.”Sonaktiwiteit het gestyg, gedaal en weer gestyg, dus 'n minisiklus gedoen wat ongeveer twee jaar geduur het.

Dieselfde soort van gebeurtenis kan dalk nou weer voorkom. Sonvlektellings het in 2011 gestyg, gedaal in 2012 en Pesnell verwag dat dit in 2013 weer gaan styg. “Ek is gemaklik om te sę dat 'n ander piek in 2013 sal voorkom en moontlik tot in 2014 sal duur”, is sy voorspelling.

'n Ander eienaardigheid van die sonsiklus is dat sy hemisfere nie altyd tegelyk hul pieke bereik nie. In die huidige siklus is die van die suide later as die van die noorde. Die tweede piek, indien dit wel gebeur, kan dus later wees met 'n styging in aktiwiteit suid van die son se ewenaar.

Daar kan gekyk word na 'n 4 minute video van NASA op www.sarl.org.za.

AANSOEKE OM LIDMAATSKAP

Die volgende persone het aansoek gedoen om SARL-lidmaatskap:
Stefan Terblanche ZSL1059
Johann Andre Marais ZSL1060
Willie Coetzee ZSL1061
Hannes Strydom ZSL1062

Lede word daaraan herinner dat lidmaatskap nie outomaties na aansoek is nie, maar onderworpe is aan raadsgoedkeuring. Besware teen enige aansoek moet die Sekretaris bereik voor die Dinsdag nadat die aansoek op die bulletin van SARLNUUS aangekondig is.

KOMPETISIENUUS

Uitslae van die Februarieskof van die SARL se Nasionale Velddag.
Die komitee het 19 logs ontvang waarvan vyftien van hierdie stasies die buitelug gekies het en veldstasies by oorde of kampeerplekke opgestel het. Die nuwe Klas E het 2 deelnemers gelok.

Klas A - Veldstasie - Multi-operateur.
1ste Welkom ARK, ZS4WRC - 89 208 punte
2de Bloemfontein ARK, ZS4BFN - 66 096 punte
3de Magalies ARK, ZS6MRK - 63 720 punte

Klas B - Veldstasie - Multi-operateur – QRP.
Geen inskrywing

Klas C - Veldstasie – Enkeloperateur.
1ste Marius Snyman, ZR6MS/4 - 24 576 punte
2de Andries Visagie, ZS6VL/4 - 13 320 punte

Klas D - Veldstasie - Enkeloperatoeur – QRP
1ste Dick Hayter, ZS6RSH - 10 800 punte

Klas E - Ultra ligte draagbare.
1ste Pierre van Deventer, ZS6A - 10 350 punte
2de Eddie Leighton, ZS6BNE - 3 510 punte

Klas F - Algemene stasies.
1ste Pravin Kumar, ZS5LT - 11 088 punte
2 Ken Gurr, ZR5KW/6 - 9 792 punte

Wel gedaan aan al die deelnemers en baie geluk aan die klaswenners. Die volledige resultate is gepubliseer in HF Happenings 546. Begin nou met jou beplanning vir die Novemberskof van die Nasionale Velddag. Dit is geskeduleer vir die naweek van 16 en 17 November 2013.

Vanmiddag tussen 12:00 en 14:00 UTC is die SARL se Hamnet 40 m gesimuleerde noodkompetise op die lug met foonaktiwiteit in die bandgedeeltes 7 063 tot 7 100 kHz en 7 130 tot 7 200 kHz. Die kompetisie is oop vir alle radioamateurs in Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Zimbabwe, Swaziland, Mosambiek, Lesotho, Marioneiland en Suid-Afrikaanse Antarktika. Slegs kontakte met hierdie gebiede sal tel. Deelname kan wees as 'n enkeloperateur stilstaande mobiel, 'n enkeloperateur draagbare, 'n multi-operateur draagbare of 'n enkeloperateur basisstasie. 'n Seinverslag gevolg deur 'n driesyfer getal, bepaal deur die klas van deelname, word uitgeruil. Lees vanaf bladsy 26 in die 2013 SARL se Kompetisiehandboek vir die besonderhede oor antennas, krag, die uitruiling en telling. Logs moet ingedien word teen 11 Maart aan Hamnet Oos-Kaap, Al Akers, ZS2U, Clarencestraat 53, Westering, Port Elizabeth, 6025 of per e-pos aan contest@peham.co.za.

Die Maartbeen van die SARL BHF/UHF analoog- en digitale kompetisie sal op die lug wees van 10:00 UTC op Saterdag 16 Maart tot 10:00 UTC op Sondag 17 Maart met die doel om aktiwiteit te bevorder op die BHF/UHF- en mikrogolfbande, om mense aan te moedig om groter afstande as gewoonlik te werk deur die gebruik van draagbare werking en/of verbeterde antennastelsels en om voorsiening te maak vir geleenthede vir mense om nuwe ruitblokke te aktiveer of te werk. Aktiwiteit sal plaasvind op 6, 4 en 2 meter, 70 en 23 cm en hoër met GG, ESB, FM en digitale werking. Deelname kan wees as 'n basisstasie, 'n veldstasie, 'n klub of multi-operateurstasie, 'n Rover (rondgaande) stasie of 'n 4 uur beperkte kategorie stasie. Die kompetisieuitruiling bestaan uit die roepseine, seinverslag en ses-syfer ruitverwysing. Al die inligting wat uitgeruil word moet tydens die QSO’s plaasvind. Lees vanaf bladsy 28 in die 2013-kompetisiehandboek vir al die besonderhede.

ELEKTRONIESE RADIO ZS

SARL-lede wat gebruik maak van 'n Kindle of die Kindle app op 'n iPad, kan hulle kopie van Radio ZS op die tablet ontvang. Voorsien Radio ZS se redakteur van u Kindle e-posadres en dateer u Kindleprofiel op om e-pos vanaf radiozs@sarl.org.za te ontvang.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak nog steeds laag tot baie laag gaan wees. Daar is egter 'n moontlikheid van C-klas fakkels.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 42.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 20 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 15 m net 'n kortkop agter behoort te wees. 10 m openinge gaan smiddae oor daglig paaie voorkom.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE
03 Maart – Dit is vandag, SARL Hamnet 40 m gesimuleerde noodkompetisie 12:00 tot 14:00 UTC.
03 Maart – Logstate vir SARL Digitale kompetisie moet in wees na contest@sarl.org.za.
11 Maart - Logstate vir SARL Hamnet 40 m gesimuleerde noodkompetisie moet in wees na Hamnet Oos-Kaap, Al Akers, ZS2U, Clarencestraat 53, Westering, Port Elizabeth, 6025 of per e-pos aan contest@peham.co.za.
16/17 Maart - SARL BHF/UHF analoog- en digitale kompetisie 10:00 UTC 16 Maart tot 10:00 UTC Sondag 17 Maart.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-omgewing te luister na “Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz en ook 'n podcast deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op “Amateur Radio Today", gaan na die groen kolom en klik op 'Listen on the web’. 'n Heruitsending vind op Maandae om 16:30 UTC op 4 895 kHz plaas. Ontvangsrapporte sal waardeer word. Ons is in die besonder geďnteresseerd in verslae oor ontvangs op 4 895 kHz aangesien dit naby aan die voorgestelde nuwe amateurtoekenning van 5 MHz is. Ontvangsverslae uit alle gebiede van Suid-Afrika sal waardevol wees vir ons aansoek aan OKOSA vir frekwensiestudies. Stuur verslae aan artoday@sarl.org.za.

Sentech voorsien die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel en geredigeer deur George Honiball, ZS6NE, met vertalings deur Louis Kirstein, ZS1LK.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003